|
OP DIE SPOOR VAN DALENE MATTHEE SE “DIE UITGESPOELDES”
Vertrek vanaf L’Agulhas, waar die ou winkeltjie gestaan het en Moses sy potlode en skryfpapier gekoop het, ry kuslangs na die Walle tot by Lord de Saumarez se strandhuis, oor Rhenosterkop Springfield toe. Die De Saumarez’s is hiervandaan Ratelrivier toe - ons volg hulle spore oor Hangnes en Rietfontein se Baai na Ratelrivier waar ons Gawie Jakkalsjagter se huisie en hondehokke, die perdestalle en die besonderse ou opstal besoek - laasgenoemde met ANP se vergunning.
|